Results 1 to 6 of 6

Thread: Leupold VXI VS Leupold VXII ( both 3-9 X40)

  1. #1
    Inactive Member

    User Info Menu

    Default Leupold VXI VS Leupold VXII ( both 3-9 X40)

    Hi there guys,

    Looking to buy either of these two on saturday morning for my 30-06. I know they are both great scopes but there is R1000 diff in the price. All I know is that the VX II has 4 lenses and the VXI only 2. Couldn't see much of a diff when I looked through them at the shop today... Both very clear...

    Is it worth the extra Grand?

    Any advice would be greatly appreciated
    Sign Up To Air Rifle SA Forums

  2. #2
    Inactive Member

    User Info Menu

    Default

    Piet Skiet can answer this. Wait for him to get on the forum again.
    Sign Up To Air Rifle SA Forums

  3. #3
    Inactive Member

    User Info Menu

    Default

    Thx Goose , I'll be keeping an EYE out for him
    Sign Up To Air Rifle SA Forums

  4. #4
    Protea FT Team '07/'08/'09/'10/'11/'12/'13
    National FT Champ '09/'13

    User Info Menu

    Default

    Vuilhond, daar is n rede hoekom n maatskapy soos Leupold, so n groot verskil in prys tussen 2 reekse het. Ek het self al n paar Leupolds besit, en beskou dit as n baie goeie teleskoop. Die VX2, is beslis beter as die VXI, en daardie verskil in prys werd.

    Die verskil in n teleskoop se kwaliteit, kom na vore juis as die kondisies nie op hul beste is nie. Bv: swak lig, en nog erger, as daar baie hitte golwe,"mirage" is. Dit is waar die extra 2 lense hul geld waarde sal wys.

    Ek is nie seker van die nuwe generasie Leupolds nie, maar in die verlede het die VXI, en 2, nie positiewe "clicks" gegad nie. Na baie jare het Leupold dit egter reggestel, met die VX3. Dit was altyd n beslomernis om die strepies op die turret te tel, terwyl jy verstel.

    Jy sal moontlik vir my lag, as jy hoor dat ek nou slegs een Leupold oorhet, en dit op my luggeweer, nl: n "Competition series, 40 x 45"

    Dit het toevallig gebeur dat n vriend van my gevra het om sy, en sy pa se nuwe teleskope hier by my te wil kom inskiet, voor n jag. Hy het n Leupold VX3 - 4,5 - 14 x 42 gekoop, en sy pa, n Burris, van dieselfde grote.

    Ek het glad nie n Burris geken nie, en toe die eerste keer deur een gekyk. Ek kon my oe nie glo nie. Vir ongeveer 2/3 van die prys van die Leupold, het hy al my Leupolds, en ook die nuwe een van my vriend, ore aan gesit. Dit was een van daardie dae wat die sig nie baie goed was nie, en al het ons wat probeer, kon ons nie die koelgate op 300m met die Leuplods sien nie. Ek kon met gemak die gate sien met die Burris. Ook op 200m, wanneer die gate in die swart van die teiken was, kon ons dit nie met die Leupolds sien nie, maar wel met die Burris. Ek was geskok, en het net daar besluit om een te probeer. Ek het aanvanklik vir my n 3 - 9 x 40 gekoop, en hom op my .308 gesit. Ek het die daaropvolgende Saterdag, my eerste kompetisie, met die . 308 gewen. Ek het toe vir my n 4,5 - 14 x 42 LRS (Iluminated Reticle) gekoop, en nooit weer terug gekyk. Nodeloos om te se, het ek al my Leupolds verkoop. Ek besit nou 6 Burris'e, en n spotting scope, en hou baie van hulle. Ek het baie vertroue in hulle, en het hulle al terdee beproef, in wild uitdun sessies, en vele kompetisies.

    Daar is verskillende reekse Burris'e. Al myne is die intree vlak "Fullfield" reekse. Ek weet van n hele paar mense wat moeilikheid gehad het met die "Black Diamond" reeks, maar het weer goeie terugvoer ontvang, van die "Signature" reeks, maar hulle is baie duur.

    Hulle is beskikbaar by VLT Arms, in Pretoria, tel: 012 3330170. Ek hou meer van die Leupold se "eye relief", maar beskou die Burris, as baie beter waarde vir geld. Sniper kan ook bevestig wat my waarnemings, hierbo is, aangesien hy saam my was met sy Leupold van dieselfde grote, toe ons dit ook waargeneem het. Gaan kyk gerus op hul website, waar hulle direkte vergelykings tref tussen Burris, Leupold, en Nikon teleskope. Die uitkoms van hulle bevindings, staaf maar net wat ek in die prakteik waargeneem het.

    Ek dink dat die Burris Fullfield reeks baie goeie waarde vir geld is, en dat die prysklas dit soveel aantreklikker maak. Ek was aanvanklik n bietjie bang om my Leupolds te verruil, maar mens kan nie stry as die resultate dit anders bewys nie, en ek was nog nie een dag spyt nie. My eerste Burris, is nou al 6 jaar oud, en nog net so helder, en betroubaar, soos die eerste dag. Hulle verstel ook baie presies, soos wat die clicks aandui.

    Ek hoop nie dat ek nou met jou kop gesmokkel het nie, en nog meer vra as antwoorde vir jou gelos het nie.
    Sign Up To Air Rifle SA Forums

  5. #5
    Inactive Member

    User Info Menu

    Default

    Piet,

    Baie dankie vir jou gedetaileerde opinie! Ek wardeer regtig jou moeite!

    Sjoe ja. Nou het ek nog 'n scope om te oorweeg. Om dit alles te kroon het 'n duitse vriend van my vir my nou ges ek kan vir hom 'n aanbod maak vir sy Zeiss Conquest 3.5-12 X44 wat hy al 6 maande het , maar nog nooit mee gaan jag het nie. Nou ja. Die Zeiss is volgens my in 'n heel ander klas as die Leupold....keuses keuses keuses!
    Sign Up To Air Rifle SA Forums

  6. #6
    Protea FT Team '07/'08/'09/'10/'11/'12/'13
    National FT Champ '09/'13

    User Info Menu

    Default

    Ek stem saam. As jy hom vir n goeie prys kan kry, is daar nie n keuse nie.
    Sign Up To Air Rifle SA Forums


Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •  
Friends of Air Rifle SA