Results 1 to 2 of 2

Thread: KRAL PUNCHER

  1. #1
    Inactive Member

    User Info Menu

    Default KRAL PUNCHER

    Beste vriende, kennise en maats,

    Het ek darem scopes wat skrik vir niks! Man, die probleem is ek glo nie net in een ding koop om te toets nie... nee, en dit klink of geld by my ore uitstroom, dis drie of meer van n ding! Ok, wag nou wag noe... ek praat van windbukse en al die goeters wat daarmee gepaard gaan..Dis om altyd maar altyd te kan vergelyk. Ek glo not de donner enige iemand wat een ding koop en dan n stuk oor die ding te skryf nie. Of dalk net hier adverteer maar nie eers een voorbeeld van n dag oud aanhou nie! Die probleem is egter dat die storie so lank word dat Bets vir my seg ek moes gaan help het met die vertaling van die Bybel, maar dan sou die Bybel seker twee keer dikker gewees het!

    In iedere geval... daar sit toe so n pragtige scope al vir 3 maande in my voorraad kas en loer vir my met sulke hartseer oe. Sy vorige twee matters is al lankal verkoop na ek hulle ook beloer en getoets skiet het. Die gryp ek toe, haal uit die boks uit en loer deur die ding. Ja-nee, kyk, mooooi is die glas wragtag en dit hoeka nogal met n 4 x 16 vergroting. Sit ek die ding op n splinternuwe Kral Puncher (dis nou na ek die Puncher gediens het ). Buite op die skiet tafel staan n geweer stut en leg ek die puncher met die scope bo-op en sit my benerige agter wereld neer op n sagte spons kussing. Langs die geweer stut het ek to n blikkie Cometa / JSB 18gr en ook n blikkie JSB 15, iets grein. Sonder meer pluk ek n klein skaaltjie uit en weeg so n 200 patroontjies uit om darem n meer gelykmatige skoot toets te kan handhaaf. Ek het toe alreeds die Puncher se silinder vol gemaak tot so om en by 195 bar en opgelet dat die vul totie is van brass gemaak en dank die Vader lek die bliksem nie.... (Kan n hele geskiedenis boek vir ne std.8A klas skryf oor lekkende vul toties / dingetjie / pypie / piepie of nog n baie, baie leliker woord wat die buurman oorkant die straat geseg het ek moet gebruik...
    " Begin ook met n p " seg - wat de donner sal mens die ding in afrikaans noem? Seg ek vir hom, nee man, mens kan nie so lelik praat hier op die plek nie... Seg hy vir my dis nie lelik nie want sy oorlede oupa het hom dan lang piel Hans van der steen genoem van hy sy verstand gehad het. Hytjoe!! Skrou Bets daar van binne van die huis af, en snou ons summier toe dat dit nou nie goeie taalgebruik is nie, en dat ons in die dieptes van die hel gaan brand en gaan op ons tande kners lat jy net been ruik brand. Lag ek, sien want ek het al n paar valstanne sien en ou Hans het amper nie meer tanne nie.
    " Ek sal nie kan tanne kners nie en Hans is net spegbek, geen tanne nie" skiet ek terug na Bets...
    " Luister jy nou mooi vir my, Pietman... Wag nou Hans, jy kom staan nou hier en luister mooi ne!... Die wat nie tanne het nie... daar sal vir hulle tanne gesupply word", en daarme draai sy om en verdwyn die huis weer in. Ek kyk vir Hans, hy kyk vir my en albei van ons se bekke is toe enons twee se gesamentlike benoude, toegeknypte boude, kan weer ontspan, die wind uit ons seile.

    So kom die tyd dat ek die Kral met scope, op die teiken rig en laat waai so goed as ek kan. Natuurlik moes ek die scope instel solat ek ten minste die papier kan raakskiet. Op die ou ent is die 200 patroontjies klaar en het ek toe fotos geneem van waar die skote getref het. Die wilde skote is my instel skote en was die oompie te lui om n vars teken op te sit hoor.

    Blikemmer!!!skiet die Kral lekker!! en nogal in die kolletjies hoor... kyk maar self hoor! Daar leg n hele klompie tien x se nogal ne?En wissel tussen 18 en 16gr? Hy skiet albei dat die honne huil! Spoed het ek nie getoets nie, maar by die tyd, na 2 en half jaar se toetse, vir my self en ook vir ander kennise en seker 60 000 patroontjies deur enige iets van al die Air Arms windbukse, (ek het meeste van hulle)en al die oosterse gewer ( het ook meeste van hulle hier in voorraad) kan ek hoor die ding loop soos n Ferrari enjin..

    Hier onner is n paar fototjies van die Kral met scope en knaldemper. Ongelukkig, en daar is mos altyd n ongelukkige storie... die scope en knaldemper is nie ingesluit by die koop nie.
    Mooi stil, stil genoeg lat mens nog by 23H27 kan buite sit en siet sonner dat die geluide oor die muur trek!



















    Die houtkolf pragstuk kos R7900,
    Knaldember is R1000 en die scope is R1200.

    Kerels die hout is flippen mooi, amper hartseer mooi, en die geweer, spesifiek hierdie einste een wat hier netjies in sy boks weer gebere is, is n uitstekende kopie EN ek wat Piet de Necker is, het hom self gediens en getoets, EN ek is baie, baie trots op n goeie naam en behulpsaam soos nerens anders nie!

    Kyk met nuwe oe en luister wat jou hart seg ne!
    Tot sover, groete vir julle, en die bure, en skiet lekker, raak en bowenal altyd veilig. EN as jy so n bietjie lus kry, kom sit en skiet die einste geweer hoor!
    Oom Piet

    En as jy iets wil vrae ek sal probeer om vir jou altyd n eerlike antwoord gee indien ek weet. Indien nie sal ek wragtag uitvind!!!
    Sign Up To Air Rifle SA Forums

  2. #2
    Inactive Member

    User Info Menu

    Default

    Het jy die Pro weergawe ?
    Sign Up To Air Rifle SA Forums


Similar Threads

  1. KRAL PUNCHER JUMBO
    By Dallas in forum Airgun Discussions
    Replies: 20
    Last Post: 16-05-17, 16:51
  2. EXPIRED: KRAL PUNCHER MAXI
    By Rashaadk in forum Outdoor Pitstop Archive
    Replies: 1
    Last Post: 05-05-17, 09:20
  3. EXPIRED: KRAL PUNCHER BULLPUP
    By Rashaadk in forum Outdoor Pitstop Archive
    Replies: 8
    Last Post: 27-09-16, 19:30

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •  
Friends of Air Rifle SA