Results 1 to 6 of 6

Thread: Geweer en windbuks kolwe

  1. #1
    REP: Piet Propeller Airgun Purveyor

    User Info Menu

    Default Geweer en windbuks kolwe

    Nou ja, seg almal, Oom Piet het bossies geraak. Praat fluisterend in klein groepies, hier waar ek op die skiet stoep sit in die voorhuis, en loer in my rigting, groot oe wat boontoe kyk en dan terug kyk aarde toe. Ai, lag ek lekker, amper n kekkel, soos n hoender net voorens hy geslag word.

    Kyk, la ek nou mooi verduidelik wat aangaan... na so baie manne, en een of twee dames, my gevra het, en soms gepleit het, om n kolf te maak wat ".... so en so lyk, oom Piet, dis n vriend, oupa, oom ens, se geweer se kolf, en ek wil net so een he groot asseblief...!"moes ek weier, op n ordentlike manier. Daar is geen manier, of metode, om n 100% kolf te kopieer met die inlating 100% nie. Die werk is yslik groot en baie sweet en moeite gaan daarmee gepaart.... Ek loer toe hier en daar op google na skandeerders wat na n voorwerp kyk, lees, en daar sit die tekening op die cnc masjien se brein. Maar duur!! Bliksem donner, ek hou aan my stoel vas lat ek nie agteroor neer donner soos daai koning, in die Bybel, wat agteroor neergeslat het en sy nek gebreek het nadat hy verneem het sy twee seuns is oorlede.

    Nou verdwaal ons alweer hier en wyk van die storie af. Die ding wat my toe byval se ene naam is n EINSCAN PRO PLUS, nogal, n fancy naam vir n dingetjie kleiner as n laptop wat R108 000.oo kos!! Die kenmerke is uitstekend, in vergelyking met goedkoper modelle. Akuraatheid is in die omgewing van 0.05mm! Dis bleddie akkuraat!

    Die groot probleem was om Bets, vroulief, te oortuig dat die aanskaf van so n skandeerder, sal help om bestaande kolwe, propellers, en enige voorwerp onner die son, te skandeer en dan te kan vervaardig, sien..

    " Haai Bets " groet ek met my aangenaamste stem, na ek op die stoep keel skoon gemaak het van al die Chesterfield stompies, en so n bietjie geoefen het met die regte stemtoon en nadering. Julle manne weet bleddie goed hoe om gat te kruip by vroulief, wanner julle iets wil koop wat hoegenaamd te duur is! En moenie vir my anders vertel nie.... ek glo jou nie.
    "Pietman, "seg sy, en lyk sy so agterdogtig ek voel ek word deur die CIA ondervra.. "wat präat jy so mooi? Ek kin jou al 44 jaar en weet baie, baie goed waneer jy weer wil droog maak!..
    Man, ek sal eerder kaalgat voor die koniging van engeland verby marsjeer, en salueer, en nie skuldig voel nie, voorens ek vir Bets moet oortuig van een of ander storie! Jakkals kan kom kers opsteek by my wanner dit by planne maak kom, om by haar verby te kom!

    " Nee, my hartjie.."kyk, jy onthou die Dawid Engelbrecht man, wat so lank gepleit het vir n kopie van daai springbok skut se kolf..."seg ek, " nou ja, hier is so n plan en...." , daar kom ek met n goed beplande storie na vore en leg ek die hele sak patats oppie tafel.
    Menere, kyk, ek verwag om af gejak te word, en vertel te word die yskasis half oorlede nadat ek n gat deur hom geskiet met n Jakkals M10.... ja dis die waarheid, maar n heel ander storie, en die gat in die yskas se deur sit nog daar, en die duik aan die agterkant sit ook nog daar.... Jaaa, rek die manne se oe as ek die magneet stickertjie van die gat af wegskuif lat hulle die gat kan beloer, bevoel en dan uitbars vannie lag, en dan agterna vra nou wat de bliksem het die oom Piet nou weer aangevang....

    Ek kyk Bets so, na ek alles vertel en verduidelik het. Daar heers n stilte , baie stiller as n graf....
    "Dis reg so, skaf die ding maar an.., dan kan jy die mense help met watal ook hulle wil gemaak het""..

    Jy kon my omtik met n strooitjie... ek voel my maag lat los hier bo, daai derms kreun en weerlig blits hier onner die pensvelle, en onder werk daai knypers oortyd solat ek nie my onnerbroek bevuil nie!

    "..Eh, eh, eh uh... "is al wat skor uit my keel uit kruip! Soiets verwag n man mos nou nie!

    Die kort storie van die lang een is dat uiteindelik, na weke se gewag, leg die ding hier op my kantoor tafel. Pragtig moet ek seg, en glad nie gekompliseerd nie.
    Nou ja die uiteinde van die saak is dat ek omtrent al 86 windbukse, wat my eie is, se kolwe geskandeer het en kan enige inlating onder die son, sny... 99% akkuraat teen 0,1mm

    Die stelling is dan nou so, indien jy enig ander kolf, wat vir jou mooi is, wil laat skandeer of laat maak, dan nodig ek slegs daai kolf vir n paar uur! Indien jou kolf gekraak is, kan ek hom skandeer en net so een weer maak, met die ou merke ook op, of naam of enige ding wat op daai ou kolf sit, of gekerf is. Ek kan die geweer skandeer, jou gesig, jou boude, jou kar, jou vliegtuig.... jy noem dit, as n mens n foto kan neem van die voorwerp dan kan jy hom skandeer en bou!

    Fluit fluit, die storie is uit... en as jy in die omgewing kom,... lat ek jou gesi skandeer lat jy mooi kan sien hoe mooi seun van jou ma jy nogal is...
    Beste groetnis, kerels, lekker skiet, raak skiet, maar bowenals, veilig skiet (en nie n gat in die yskas deur nie!)
    Oom Piet

  2. #2
    Protea Benchrest (Air) Team '13/'15/'17

    User Info Menu

    Default

    Hierdie is vir my uitstekende nuus! Ek sal graag binnekort 'n draai wil kom maak met 'n bestelling.
    All I care about is benchrest shooting
    ... and maybe like 3 people
    AND PIZZA

  3. #3
    Sharp Shooter

    User Info Menu

    Default

    Dit was nou lekker om te lees, oom het nou maar net 'n manier met woorde.

  4. #4
    Sharp Shooter

    User Info Menu

    Default

    Dit is BAIE goeie nuus... Nou moet ek net daai een pel van my oortuig om sy stock te leen.... ek het gelukkig klaar die laminate blank
    If I could speak the language of rabbits, they would be amazed and I would be their king...
    12 ft/lb 4.5mm Silenced
    24 ft/lb 5mm Silenced
    680 ft/lb 5.6mm Silenced

  5. #5
    Sharp Shooter

    User Info Menu

    Default

    Baie baie goeie nuus - en goeie storie
    I knew I had matured when I realized every situation does not deserve a reaction. Sometimes you just gotta sit back and leave people to do the lame shit they do......

    Disclaimer: Any views expressed by myself on this website is my opinion, unless proven -then it becomes fact! Feel free to differ from me! But keep it yourself!

  6. #6
    Sharp Shooter
    Forum Sponsor

    User Info Menu

    Default

    En nie te ver van my kantoor af nie.
    Nou hoe gaan ek die nuus vir die Miesies vertel sonder dat sy in stress gaan...
    Gamo Model '68|Gamo Whisper|BSF Model S54 Underlever|Weihrauch HW98 with NS TargetMaster IR|Air Arms S410 Carbine with NS TargetMaster IR & Simba silencer|Air Arms S400 Custom Bling with Big Lynx in Airvolution stock|Steyr-Mannlicher LG100 with Big Lynx|Airvolution tuned Daystate Air Ranger with Bushnell Banner 4-12x40 IR & Simba silencer|Walther LGV Competition Ultra in custom Ullula stock with Falcon T35 scope.

Similar Threads

  1. NEWS FLASH: Pragtige skandeer werk om nuwe kolwe te maak
    By Piet Propeller in forum Piet Propeller Airgun Purveyor
    Replies: 0
    Last Post: 18-05-17, 09:33
  2. Eerste windbuks vir n jong mannetjie
    By HunterHein in forum General Airgun Discussions
    Replies: 2
    Last Post: 08-05-14, 19:05
  3. ‘Waarom het jy windbuks in jou sleepwa?’ ‘Vir spanbou’
    By Iceman in forum General Airgun Discussions
    Replies: 5
    Last Post: 16-09-10, 15:00
  4. Geweer kolwe
    By knormoer in forum General Airgun Discussions
    Replies: 1
    Last Post: 23-03-09, 14:14

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •