Hier staan, in my skietrak, 4 ou BSA windbukse, van toeka dae se tyd... nogal tussen 1900 en 1820, wat ek so oor die tyd bymekaar gemaak het. Almal in uitstekende werks toestand, vir hul oupa grootjie ouderdom. Nou het ek die skandeerder, en brag groot gat, hier op die forum or hoe smat en slim die skandeerder is.
Die manne van julle, hier wat my ken, weet, as ek n ding toets, dan is dit nie wat ek op "You Tube"af gesteel het nie, of plagiaat gepleeg het met anner perde se kennis hier op die forum nie... Nee ou boetie, ek skaf drie van n ding aan, skiet ten minste 250 koeeltjies op verskeie dae, neem notas en sal dan, agterna, hier iets seg.

Om a lang storie kort te maak gryp ek een van die ou BSA gewere en bekyk sy kolf. Die jare se gebruik in die veld, in ou hande, wat deur die doringdrade geklim het om n artappel of twee te skiet. leg diep in die houtkolf ingekerwe, net soos dit n ou mens betaam waar die lewens ervaringe diep in mens se vel in gegraveer is. n Mens kan duidelik sien waar daar aan die kolf gewerk en geskuur is om van die "oorlogs merke"ontslae te raak. Wou seker vir pa wegsteek waar hulle die windbuks laat neer donner het daar uit die bloekomboom, waar die grootset artappel van die jaar in die takke vas sit.

Gryp ek die skandeerder, mik en druk.... die prentjie lyk so hier onder




Van hier af, neem n man die file op n geheue stokkie na die cnc masjien toe, skryf die "toolpath" en plaas n mooi stuk eikehout, okkerneut of, as jy kan kry, n pragtige stuk Tambotie, oppie tafel en sny n pragtige kolf vir die ou geweer. Dit is ook moontlik, om dieselfde hout waarvan die kolf gemaak is, ook te sny en te verouder om so goed te lyk soos die oorspronklike lat n kenner sy gat sal sien as hy die verskil wil identifiseer. Waarheen nou? Indien n ou oom, oupa of selfs n jongeling, iewers, op n plaas in n ou Mahonie hout staan hangkas, so n ou geweer het, waarvan die kolf gekraak het, of selfs gebreek is, kan die kolf 100% vervaardig word, sodat die oupa geweer weer na sy regte toe kan kom. Miskien as n skou stuk, indien n man jammer voel vir die ding, of as n gebruiks geweer indien jy artappels wil jag met die 1900 se vernuf.

Kom hier n goeie vriend van jare hier aan nou die dag...ene Grumpy, hier op die forums, of meer bekend as "Mnr. Tula"of soos sy ouers hom gedoop het, Mark H. n Man wat sy onderbroek sal uit trek om jou te help om die staal draaibank skoon af te vee van al die snysels en draaibank sny olie. Natturlik, soos ouder gewoonte het Bets vir ons koffie gemaak en lat ek vir Mark op sy boude sit hier naby die skandeerder. Gesels ons oor koeitjies en kalfies, die weer, die gemors wat die land in is, ensomeer. Nou het ek n plan hier in die agterkop, om sy kop te skandeer om n standbeeld te sny, wel, probeer sny, sien en vermoed ek dat dit n moerse stryd gaan wees om die man te oortuig, dat sy gekreukelde bakkies nie die kamera skandeerder gaan breek nie.
Maak ek so n bietjie keel skoon om van daai Texan sigarette se opslag weg te hoes sien. Nou ken die man my al goed en lank genoeg, dat wanner ek hier met een of ander stupid idee na vore kom, hy nou voetjie vir voetjie alles wat ek voorstel en seg, moet verby stap sien...
" Mark, I would like to scan your face, you know, for a test, you see, just to make sure the bloody chinese have not sold me a heap of shit...."
Hier aan die einde vaan die sin raak my stem effe dun en raak so bietjie weg, julle weet mos, amper soos die eerste keer wat jy daai pragtige nooi aanspreek toe jy nog n onervare jong man was. Ek verwag n antwoord waarvan die woorde nog nie in die H.A.T woordeboek opgeneem is nie.
"Sure, that's fine... What must I do?"
Ek neem daai kans soos n weerlig straal wat net hier by jou gebliksem het!
"Just sit over there, nice and quietfor a minute and close your eyes cause the flashes from the scanner is blindingly bright" seg ek.
En hier is dit nou, Mark se bakkies op komper!




Bo is die vooraansig en onder die sy aansig



Toe kry ek lus en skandeer n duif decoy. Die resultaat hier onder...




Al die skandeerwerk was in lae resolusie sien. Mens kan na ultra hoe resolusie gaan, soveel so lat jy die sweet gatjies in mens se gesig duidelik kan sien. Maar dis baie werk en neem omtrent 10 minute van stilsit, en as n man vlooie in jou gat het dan kriewel jy te veel vir n mooi fototjie. In ieder geval, indien jy jou kolf gebreek of gekraak het... nou ja, ek het net die regte medisyne vir daai geweer en sal ons hard probeer om die ding weer op sy skietbene te bring hoor
In ieder geval kerels, groot groetnis vir jule en die familie hoor, lekker skiet, raak skiet en bowenals, versigtig wees jong.... dis nie die duiwel wat daai geweer gelaai het nie en n lelike ongeluk leg en loer vir die onverantwoordelikes, hoor my
Lekker bly!
Oom Piet