Dagse mense
Het besluit om vir my n ft/ benchrest kolf te maak nie net omdat dit verstel kan word om my te pas nie, maar dit lyk ook flippen cool.
My vriend werk al lank as n draughty het verskeie teken programme al bemeester en is besig om my te help met die ontwerp. n Man in frankryk hey vir my n tekening gestuur van die s400 se yster komponente. Ons is nou besig om die kolf daar om te ontwerp.
Ons het nou al bietjie gespeel en inapirasie gekry van n paar ontwerpe wat beskikbaar is. Ek gaan hopelik die naweek die stuk 3d print waaraan die geweer vasgebout word om te kyk of daar nog alterasies gemaak moet word. Daarna is dit net die ander toeties ontwerp en vasbout.
Hier is solank n paar fotos van waar ons ie. Dis nog bietjie rof.
Voel vry om kritiek te lewer. Ons is nie experts nie en enige raad sal waardeer word