Results 1 to 3 of 3

Thread: NOVA FREEDOM

  1. #1
    Cadet

    User Info Menu

    Default NOVA FREEDOM

    Ek het die week die plesier gehad om een van die unieke gewere onder my hande te kon h. En ek kan ek sommer klaar s dit was 'n plesier.

    Dit het alles begin toe my vriend Smittie (wat op daai stadium nog 'n vreemdeling was!) my genader het om in die PCP mark in te kom. Ek het 'n paar voorstelle gehad, maar ek kon sien die man het sy hart op een van die vreemde en unieke gewere verloor.

    Ek weet Francis van Niekerk het 'n Youtube video oor hulle gehad, en het hom deeglik oor en oor gekyk, met Francis self gepraat (wat 'n great en hulpvaardige ou!). Ons het Hard Air Magazine se reviews gelees onder andere en nog soveel meer. Ek self was oortuig op die stadium dat jy nie beter waarde vir geld gaan kry om sommer dadelik te kan begin skiet sonder pompe of SCBA tanks en filling stations ens.

    Volgende stap was natuurlik om te kyk waar ons een in die hande kon kry, en dit waar Louis van Burick in gekom het. Nou Louis is regtig 'n man wat uit sy pad sal gaan om jou te help, en antwoord altyd jou oproepe of boodskappe dag of nag. Hy is ook die enigste ou wat ek ken wat 'n pakkie binne 24 uur kan laat aflewer van Pretoria tot op die grens van die Kalahari. Louis het vir ons die geweer gestuur, en waaragtig, die volgende middag is hy hier.

    Smittie stel toe die sneller op soos hy van hom hou, regtig 'n lekker sneller en maklik om te stel. Ek het nie 'n gauge om die trek te meet, maar hy is BAIE lig en geen creep nie. Mount die Discovery scope wat ook van Louis af kom. (LET WEL dat die medium mounts te laag is, en ons hor mounts moes kry) Toe kom die geweer uiteindelik by my uit.

    Ek was so nuuskierig teen die tyd, dat ek hom amper net wou skiet toe ek hom kry, maar het myself ingehou en eers die basiese gedoen, soos die loop skoonmaak, orings regte lube opsit, al die skroewe na te gaan, barrel band te kyk vir tension ens.

    Ek was toe tevrede dat daar nie foute op die geweer is, en dat die bou kwaliteit vir my goed lyk, nie allen skroefwe wat maklik wil strip of klaar gestrip is soos van die ander goedkoper ingevoerde gewere.

    Ons het drie blikke JSB pellets gehad wat Louis saam gestuur het, 14.35gr, 15.89gr en 18.1gr. Ek laai toe die 14.35 gr eerste, stel die geweer in, en daar sit to 'n "blikkie" op 83 meter van my, ek vat maar kans en skiet 'n skoot in sy rigting, die geweer is so stil dat hy nie eens "weg rol" na die eerste skoot, maar dit wys my toe waar ek moet vat, ek maak toe so, en jy sien net skuim toe ek daai blikkie van die paal skiet. Kon mooi die pellet volg, en daar was geen wobble of spiral, ek was toe nou eers beindruk!

    Ons beweeg toe aan na die chronograaf toe en skiet met al drie pellets om al die data bymekaar te maak. Eers op High power en daarna op Low. Ons doel was om een magasein (10 skote) te kan skiet op die kurwe en dan weer op te pomp.

    Ek gee data vir die 14.35gr as volg. Oor die hele string op HIGH power kry jy 22 skote met 'n ES van 118 ft/s en gemiddeld van 874 ft/s. Vir die 10 skote wat ons wil h, vul ons net 3100 psi, en skiet dan 10 skote, dan kry jy 10 skote met 'n ES van 26 ft/s en 'n gemiddeld van 908 ft/s. Op die LOW setting lyk dinge nog beter, met die hele string van 22 skote op 'n ES van 33 ft/s en gemiddeld van 704 ft/s, maar weer eens die 10 skote wat ons soek is weer net van 3100 psi af en lyk dan so, ES 9 ft/s met 'n gemiddeld van 713 ft/s.

    Die ander pellets het soortgelyke patroon gevolg, so ek was baie verras dat ons 10 skote so goed uit sy klein air tube kry.

    Dit was toe natuurlik tyd vir groepering skiet, omdat ons kompetisie hier onder mekaar skiet tot op 45m, het ek dit goed gedink om die groepering ook sommer op daai afstand te skiet. Dit was met die 14.35 gr gedoen in redelik winderige toestande, maar het probeer om tussen gusts te skiet. Die resultate was as volg, op HIGH was die 5 skoot groepering van omtrent 6.5mm groot, en op LOW kon ek dit nie glo, die groepering was 5.5mm groot! Letterlik een gat, as ek die pellet in die gat ingedruk het, het hy net daar bly vas sit! Ek het toe my vrou ook op 45m laat skiet met soortgelyke resultate, asook die vriend op wie se grond ek die toets gedoen het, ook net 'n "ragged hole".

    Nou ja, Smittie gaan nou sy geweer kom haal en hom maar met 'n koevoet uit my hande gaan moet haal!

    PS: So paar notas, van dit is reeds aangespreek in die "storie" hier bo.

    Kom ons begin voor. Die shroud doen sy werk baie goed, ek dink nie jy het iets ekstra nodig op hulle.
    Die barrel band en die pomp se skanier maak op dieselfde plek vas, maak seker daai pin is vas met die grub skroef wat op hom sit, anders beweeg die loop effe op en af soos daai pin draai.
    Pomp is baie gemaklik, raak nie moeiliker om te pomp selfs tot op 250 BAR, alhoewel ons sien dat hy net so oor 200 BAR gepomp moet word vir beste resultate. Dit is ook gemaklik om uit die vuis te skiet, omdat die handle soos 'n "hamster" werk.
    Scope rail is 11mm en onthou net dat ons hor mounts moes gebruik om die shroud te clear.
    Geweer het single shot tray.
    Die 10 skoot magasyn werk soos 'n BOM, baie maklik om te laai, wys jou hoeveel skote oor is, en het geen pellets seer gemaak, al die toetse en groeperings was met die magasyn gedoen.
    Die cocking handle werk ongelooflik gemaklik, en is bitter glad, iets wat ek nie verwag het nie!
    Die safe sit nie self aan, maar sit baie gemaklik as jy wil aan en af sit, is ook in die vorm van 'n pellet, baie oulik.
    Die kolf is plastiek, maar baie gemaklik, en self met die ho mounts, het niemand van ons 'n probleem met cheeck weld of eye relief gehad.
    Jy kan die geweer ook met 'n hand pomp of SCBA tank volmaak, ek het met altwee dit gedoen, en dit werk soos dit moet.
    Daar is klaar swivel studs in, so om die belt op te sit is nie 'n probleem gewees.
    Die geweer is baie lig, selfs met die pomp is hy definitief ligter as my AT44-10.
    Die Discovery scope werk soos hy moet, mooi helder en met 'n groter field of view as meeste van my scopes, veral op groter vergroting.

    So as jy hou van wat jy hier gelees het, bel vir Louis van Burick, nie net dink ek jy gaan die beste prys kry nie, maar daar is beslis nie 'n ou by wie jy beter diens gaan kry nie!

    Dankie aan Francis van Niekerk, Smittie, en Louis van Burick, was 'n plesier om met julle saam te werk, en die geweer onder my hande te gehad het.

    Groete

    Peet Lotriet.

    Ek dink ek het redelik alles gedek hier, my slotsom is dat dit regtig 'n bakgat geweer is, baie akuraat, en ek hoop Smittie skiet nog baie jare met hom saam ons.

    Ek heg die fotos aan van die teikens, maar omdat die papier so sleg geskeur het, het ek die gate in die boks gemeet, oppervlak agter target was nie mooi gelyk met baie ander skote al deur die boks. Julle sal sien die low power het een skoot weg wat ek dit wind verkeerd gevang het, maar daar is 5 skote deur dieselde gat, het 'n eksra skoot gevat vir hom.




    Sign Up To Air Rifle SA Forums

  2. #2
    Sharp Shooter
    Forum Sponsor

    User Info Menu

    Default

    Great report, thanks!!
    Sign Up To Air Rifle SA Forums

  3. #3
    Sharp Shooter

    User Info Menu

    Default

    Thanks for a great review I think a rifle like this would really come in handy in the field
    Sign Up To Air Rifle SA Forums


Similar Threads

  1. Nova Freedom, any opinions
    By cheesypoof in forum Airgun Discussions
    Replies: 1
    Last Post: 31-07-18, 15:51
  2. Freedom 700 SSP
    By CarlEgmont in forum Airgun Discussions
    Replies: 2
    Last Post: 29-08-17, 23:46

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •  
Friends of Air Rifle SA